Graad R tot 7 Aflaaibare produkte vir Afrikaanse onderwysers

Die webbladsy is grotendeels geskep met die doel om Afrikaans te bevorder. In Suid-Afrika is Afrikaans een van die twee mees amptelik gebruikte tale – alhoewel ons twaalf amptelike tale het. Dit het my opgeval dat die internet verskeie goeie gehalte, bekostigbare hulpbronne vir onderwysers in Engels het, maar dat daar ‘n leemte is in Afrikaans – veral met betrekking tot Graad 4 tot 7 produkte vir Afrikaanse onderwysers (Afrikaans as Huistaal sowel as Eerste Addisionele Taal). Om hierdie rede het ek hierdie webblad gestig en begin om bekostigbare werkboekies, lesbeplanning, plakkate en klaskamertemas te ontwerp.  Daar is verskeie bronne beskikbaar vir Grondslagfase, sowel as Intermediêre fase onnies – net om hulle werkslading so bietjie ligter te maak. Meeste van die produkte wat beskikbaar is, was juis onnies wat my genader het en aangetoon het dat daar ‘n nood was vir die spesifieke hulpbron.

Daarom het ek dit dan ontwerp en toegevoeg tot my winkel, om dit sodoende ook aan ander onnies beskikbaar te stel. Baie produkte is ook beskikbaar in Afrikaans en Engels omrede Engelse onnies gevra het of hulle dit in Engels ook mag kry. 

Ek hoop dat hierdie webblad nog baie sal toevoeg tot Afrikaans in die klaskamer – hetsy as Huistaal of Eerste Addisionele taal, maar ook dat die kinders my liefde en passie vir taal en onderwys in die kwaliteit van my produkte sal aanvoel!

Klankpretgroete

Etrecia

Lees forseer ons om 'n wyle stil te raak in 'n wêreld wat drasties verander!

Resensies van my wonderlike kliënte

Nuutste Produkte beskikbaar

Nadat u die produkte in u mandjie aangekoop het, bevestig u dat u die bestelling deeglik nagegaan het. Aangesien die produkte almal digitaal is kan u dit nie terug besorg of omruil nie. Dit is u verantwoordelikheid om te verseker dat u die korrekte items gekies het voordat u die transaksie voltooi.

By checking out and purchasing the products in your cart, you confirm that you have thoroughly reviewed and verified the items in your order. These products are downloadable, and therefore cannot be returned or refunded after purchase. It is your responsibility to ensure that you have selected the correct items before completing your transaction.

 
Sluit gratis aan vir ons nuusbrief
Thank you for subscribing!
LinkedIn
LinkedIn
Share
Instagram