Sale!
, , , ,

Projek 1: Graad 4 Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal – Fabel – Dialoog of strokiesprent hervertelling (2026)

Original price was: R70.00.Current price is: R50.00.

Genre: Fabel (Aesopus) – Dialoog of strokiesprent hervertelling (2026)

Fabel: Skilpad leer vlieg

Projek sluit alle aspekte in soos vereis deur die JOP (ATP) 2023 en Wes-Kaap handleiding (2023).

Geskik vir Huistaal of Eerste Addisionele Taal Graad 4 of 5 en selfs Graad 6 HT/ EAT leerders. Die punte kan aangepas word en selfs vir Gr. 7 ook gebruik word – die projek het baie begeleiding vir die hele skryf- en navorsingsproses.

Inleidende aktiwiteit:

Inligting oor navorsing en hoe ‘n mens navorsing doen ter inleiding soos vereis in JOP vir eerste dag of twee.

Woordsoek – Aanleer van navorsingswoordeskat

Tydlyn vir die projek om in te vul

Pre-lees aktiwiteit: Voorspelling van gebeure d.m.v prente om te pas by die fabel (ingesluit)

Lees die fabel en luister/kyk die video (skakels ingesluit – Engels) (teks ingesluit): Skilpad leer vlieg (Aesopus)

Blokkiesraaisel (Ontdek die fabel) – ysbreker

Navorsing (10 punte)

– Bladsy met hipotese en beantwoording daarvan is ingesluit ter inleiding van projek.

– Post-lees: Begripstoetstipe vrae oor die fabel as ekstra om die fabel te ondersoek en as interaksie met die verhaal (ekstra – dit hoef nie deel van navorsing te vorm nie).

– Inligting oor Aesopus (ekstra inligting wat ek op die internet nagevors het) met begripsvrae as begeleiding van navorsing – geskik vir leerders wat nuut is met die projekte.

– Maak ‘n plakkaat (infografika) van Aesop(us)

Skryfwerk (30 punte)

Knutselaktiwiteit:

Beplanning – ontwerp jou eie skilpad / arend as voorblad van die infografika (plakkaat) van Aesop(us)

Skryf daarna ‘n dialoog of strokiesprent as hervertelling van die fabel.

Alle kenmerke, elemente, navorsingsinligting en raamwerke is ingesluit vir skryfgenres om die werkslading vir onnies te verlig.

Mondeling (20 punte) –

– Beskryf projek (riglyne en raamwerk vir die toespraak).

Bied jou inligting oor Aesop(us) aan asook jou strokiesprent.

Ongeveer 40 bladsye. 

Werkboekie van so 40 bladsye per leerder om die hele proses te voltooi (rol dubbelsydig af) – laat uit wat jy kan projekteer in klas.

Sluit rubrieke en memorandums in vir alle dele van projek.

Beskikbaar in PDF en Word maar die Word mag soms van die tabelle ens. rondskuif so gebruik dan die pdf deel wat ooreenstem en druk dit vir leerders uit.

Prys: R50

 

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

LinkedIn
LinkedIn
Share
Instagram