Genre: Fabel (Aesopus) – Dialoog verwerk na ‘n strokiesprent hervertelling (2025)
Fabel: Die Plaasmuis & die Stadsmuis
Projek sluit alle aspekte in soos vereis deur die JOP (ATP) 2023 en Wes-Kaap handleiding (2023).
Geskik vir Huistaal of Eerste Addisionele Taal Graad 4 of 5 en selfs Graad 6 HT/ EAT leerders. Die punte kan aangepas word en selfs vir Gr. 7 ook gebruik word – die projek het baie begeleiding vir die hele skryf- en navorsingsproses.
Inleidende aktiwiteit: Informasie oor navorsing en hoe ‘n mens navorsing doen ter inleiding soos vereis in JOP vir eerste dag of twee.
Woordsoek – Aanleer van navorsingswoordeskat
Tydlyn vir die projek om in te vul
Pre-lees aktiwiteit: Voorspelling van gebeure d.m.v prente om te pas by die fabel (ingesluit)
Lees die fabel en luister na die video’s (skakels ingesluit – Engels en Afrikaans) (teks ingesluit): Plaasmuis en Stadsmuis (Aesopus)
Blokkiesraaisel (Ontdek die fabel) – ysbreker
Navorsing (10 punte)
– Bladsy met hipotese en beantwoording daarvan is ingesluit ter inleiding van projek.
– Post-lees: Begripstoetstipe vrae oor die fabel as ekstra om die fabel te ondersoek en as interaksie met die verhaal (ekstra – dit hoef nie deel van navorsing te vorm nie).
– Inligting oor Aesopus (ekstra inligting wat ek op die internet nagevors het) met begripsvrae as begeleiding van navorsing – geskik vir leerders wat nuut is met die projekte.
– Maak ‘n plakkaat (infografika) van Aesop(us)
Skryfwerk (30 punte) –
Knutselaktiwiteit:
Beplanning – ontwerp jou eie reistas of taxi as voorblad van die infografika (plakkaat) van Aesop(us)
Skryf daarna ‘n dialoog wat verwerk word na strokiesprent as hervertelling van die fabel.
Alle kenmerke, elemente, navorsingsinligting en raamwerke is ingesluit vir skryfgenres om die werkslading vir onnies te verlig.
Mondeling (20 punte) – Beskryf projek (riglyne en raamwerk vir die toespraak).
Bied jou inligting oor Aesop(us) aan asook jou strokiesprent.
Ongeveer 40 bladsye.Â
Werkboekie van so 40 bladsye per leerder om die hele proses te voltooi (rol dubbelsydig af) – laat uit wat jy kan projekteer in klas.
Sluit rubrieke en memorandums in vir alle dele van projek.
Beskikbaar in PDF en Word maar die Word mag soms van die tabelle ens. rondskuif so gebruik dan die pdf deel wat ooreenstem en druk dit vir leerders uit.
Prys: R50









Reviews
There are no reviews yet.