Sale!
, , , ,

Projek 1: Graad 5 Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal – Jeugroman – Advertensie (2024)

Original price was: R70.00.Current price is: R50.00.

Genre: Jeugroman – Katastrofe (De Wet Hugo) – Advertensie / T-hemp / Plakkaat

Projek sluit alle aspekte in soos vereis deur die JOP (ATP) 2023 en Wes-Kaap handleiding (2023).

Geskik vir Huistaal of Eerste Addisionele Taal Graad 4 of 5 en selfs Graad 6 EAT leerders. Die punte kan aangepas word en selfs vir Gr. 7 ook gebruik word – die projek het baie begeleiding vir die hele skryf- en navorsingsproses.

Inleidende aktiwiteit: Informasie oor navorsing en hoe ‘n mens navorsing doen ter inleiding soos vereis in JOP vir eerste dag of twee.

Woordsoek – Aanleer van navorsingswoordeskat

Tydlyn vir die projek om in te vul

Pre-lees aktiwiteit: Voorspelling van gebeure d.m.v prente soortgelyk as die in die roman (ingesluit)

Lees die jeugroman (nie ingesluit nie om kopiereg te respekteer): Katastrofe (De Wet Hugo)

Blokkiesraaisel (Ontdek die boek)

Navorsing (10 punte)

– Bladsy met hipotese en beantwoording daarvan is ingesluit ter inleiding van projek.

– Begripstoetstipe vrae oor die boek as ekstra om die boek te ondersoek en as interaksie met die boek (ekstra – hoef nie deel van navorsing te vorm nie).

– Inligting oor De Wet Hugo met begripsvrae as begeleiding van navorsing – geskik vir leerders wat nuut is met die projekte.

– Maak ‘n plakkaat van De Wet Hugo.

Skryfwerk (30 punte)

Knutselaktiwiteit:

Beplanning – ontwerp jou eie T-hemp vir die talentkompetisie.

Skryf daarna ‘n advertensie om mense te lok na die talentkompetisie.

Bied jou inligting oor De Wet aan asook advertensie.

Alle kenmerke, elemente en raamwerke is ingesluit vir skryfgenres om die werkslading vir onnies te verlig.

Mondeling (20 punte) – Beskryf projek (riglyne en raamwerk vir die toespraak).

Ongeveer 45 bladsye. 

Werkboekie van so 45 bladsye per leerder om die hele proses te voltooi (rol dubbelsydig af).

Sluit rubrieke en memorandums in vir alle dele van projek.

Beskikbaar in PDF en Word maar die Word mag soms van die tabelle ens. rondskuif so gebruik dan die pdf deel wat ooreenstem en druk dit vir leerders uit.

Prys: R50

 

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

LinkedIn
LinkedIn
Share
Instagram