Genre: Volksverhaal/Sprokie: Die musikante van Bremen (Grimm-broers) – Dialoog (2025)
Projek sluit alle aspekte in soos vereis deur die JOP (ATP) 2023 en Wes-Kaap handleiding (2023).
Geskik vir Huistaal of Eerste Addisionele Taal Graad 6 en selfs Graad 7-9 HT/EAT leerders (pas net punte aan vir navorsing). Die projek het baie begeleiding vir die hele skryf- en navorsingsproses.
Inleidende aktiwiteit: Informasie oor navorsing en hoe ‘n mens navorsing doen ter inleiding soos vereis in JOP vir eerste dag of twee.
Woordsoek – Aanleer van navorsingswoordeskat
Tydlyn vir die projek om in te vul
Pre-lees aktiwiteit: Voorspelling van gebeure d.m.v prente wat pas by sekere tonele in die volksverhaal (ingesluit)
Kyk die video en lees die volksverhaal (ingesluit): Die stadsmusikante van Bremen (Grimm-broers)
Blokkiesraaisel (Ontdek die volksverhaal)
Navorsing (20 punte)
– Bladsy met hipotese en beantwoording daarvan is ingesluit ter inleiding van projek.
– Begripstoetstipe vrae oor die teks as ekstra om die verhaal te ondersoek en as interaksie met die verhaal (ekstra – hoef nie deel van navorsing te vorm nie).
– Inligting oor die Grimm-broers / kenmerke van ‘n volksverhaal (sprokie) met begripsvrae as begeleiding van navorsing – geskik vir alle leerders.
– Kunsaktiwiteit en publisering van navorsing:
- Maak ‘n plakkaat in die vorm van jou eie musiekinstrument oor die Grimm-broers
Skryfwerk (30 punte) –
Skryf daarna ‘n dialoog in konteks van die sprokie met begeleiding (invul sjabloon ingesluit).
Alle kenmerke, elemente, navorsing oor skrywer en raamwerke is ingesluit vir skryfgenres om die werkslading vir onnies te verlig.
Mondeling (20 punte) – Beskryf projek (riglyne en raamwerk vir die toespraak).
Bied jou inligting oor die Grimm-broers en jou dialoog aan.
Ongeveer 45 bladsye.Â
Werkboekie van so 45 bladsye per leerder om die hele proses te voltooi (rol dubbelsydig af).
Sluit rubrieke en memorandums in vir alle dele van projek.
Beskikbaar in PDF en Word maar die Word mag soms van die tabelle ens. rondskuif so gebruik dan die pdf deel wat ooreenstem en druk dit vir leerders uit.
Prys: R50









Anonymous (verified owner) –