, , , , , , , , , , ,

Projek 1: Graad 7/8 Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal – Jeugroman: Perfek – Onderhoud/Gedig (2025)

Rated 5.00 out of 5 based on 1 customer rating
(1 customer review)

R60.00

Genre: Jeugroman : Perfek – (Jaco Jacobs) Onderhoud/Gedig (2025)

Projek sluit alle aspekte in soos vereis deur die JOP (ATP) 2023 en Wes-Kaap handleiding (2023).

Geskik vir Huistaal of Eerste Addisionele Taal Graad 7 en Graad 8 HT/EAT leerders. Die taak kan selfs vir Gr. 9 ook gebruik word – die projek het baie begeleiding vir die hele skryf- en navorsingsproses.

Inleidende aktiwiteit:

Informasie oor navorsing en hoe ‘n mens navorsing doen ter inleiding soos vereis in JOP vir eerste dag of twee.

Woordsoek – Aanleer van navorsingswoordeskat

Tydlyn vir die projek om in te vul

Pre-lees aktiwiteit:

Voorspelling / Hervertelling van gebeure d.m.v prente soortgelyk as die in die roman (ingesluit)

Lees die jeugroman (nie ingesluit nie – kopiereg): Oorspronklike teks – Perfek (Jaco Jacobs – beskikbaar op Amazon as e-boek of in boekwinkels)

Blokkiesraaisel (Ontdek die jeugroman)

Navorsing (20 punte)

– Bladsy met hipotese en beantwoording daarvan is ingesluit ter inleiding van projek.

– Pre-lees en gedurende lees begripstoetstipe vrae oor die roman as ekstra om die verhaal te ondersoek en as interaksie met die verhaal (ekstra – hoef nie deel van navorsing te vorm nie – selgs deel van gedurende lees).

– Inligting oor die skrywer van die jeugroman met begripsvrae as begeleiding van navorsing ingesluit – geskik vir alle leerders.

– Maak ‘n grafiese organiseerder as opsomming van Jaco se lewe.

– Maak ‘n infografika van Jaco Jacobs e en bespreek verskillende dele kortliks.

Skryfwerk (30 punte)

Knutselaktiwiteit:

Beplanning – ontwerp ‘n nuwe voorblad vir die boek op ‘n A3-bladsy.

Plaas dan die infografika binne-in die A3- wat as kaartjie gevou is.

Bied jou inligting oor Jaco se lewe aan (groepwerk / individueel).

Voer dan ‘n onderhoud met die skrywer of skryf jou eie gedig of liedjie (2 keuses + formate en teksvoorbeelde is ingesluit)

As jy slegs een v.d. onderwerpe wil doen – verwyder of druk net wat jy gaan gebruik.

Alle kenmerke, elemente en raamwerke is ingesluit vir skryfgenres om die werkslading vir onnies te verlig.

Mondeling (20 punte)

Beskryf projek (riglyne en raamwerk vir die toespraak).

Ongeveer 40 bladsye. 

Werkboekie van so 40 bladsye per leerder om die hele proses te voltooi (rol dubbelsydig af).

Sluit rubrieke en memorandums in vir alle dele van projek.

Beskikbaar in PDF en Word maar die Word mag soms van die tabelle ens. rondskuif so gebruik dan die pdf deel wat ooreenstem en druk dit vir leerders uit.

Prys: R60

 

1 review for Projek 1: Graad 7/8 Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal – Jeugroman: Perfek – Onderhoud/Gedig (2025)

  1. Rated 5 out of 5

    Izelle Stonlake (verified owner)

    ZAWestern Cape, South Africa

    Perfek. Op standaard volgens CAPS

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

LinkedIn
LinkedIn
Share
Instagram