Genre: Jeugroman/Film: Percy en die Weerligdief (Rick Riordon) – Infografika (2025)
Projek sluit alle aspekte in soos vereis deur die JOP (ATP) 2023 en Wes-Kaap handleiding (2023).
Geskik vir Huistaal of Eerste Addisionele Taal Graad 7 en selfs Graad 8 HT/EAT leerders. Die taak kan selfs vir Gr. 9 ook gebruik word – die projek het baie begeleiding vir die hele skryf- en navorsingsproses.
Inleidende aktiwiteit:
Informasie oor navorsing en hoe ‘n mens navorsing doen ter inleiding soos vereis in JOP vir eerste dag of twee.
Woordsoek – Aanleer van navorsingswoordeskat
Tydlyn vir die projek om in te vul
Pre-lees aktiwiteit: Voorspelling van gebeure d.m.v prente soortgelyk as die in die roman (ingesluit)
Lees die jeugroman of kyk na die fliek (nie ingesluit nie – kopiereg): Oorspronklike teks – Percy & The Lightning Thief (Rick Riordon- beskikbaar op Amazon as e-boek)
Blokkiesraaisel (Ontdek die jeugroman / fliek)
Navorsing (20 punte)
– Bladsy met hipotese en beantwoording daarvan is ingesluit ter inleiding van projek.
– Pre-lees en gedurende lees begripstoetstipe vrae oor die roman as ekstra om die verhaal te ondersoek en as interaksie met die verhaal (ekstra – hoef nie deel van navorsing te vorm nie – selgs deel van gedurende lees).
– Inligting oor die Griekse gode/ kenmerke van jeugroman met begripsvrae as begeleiding van navorsing – geskik vir alle leerders.
-Maak ‘n grafiese organiseerder as opsomming van die griekse gode
– Maak ‘n infografika van ‘n Griekse god van jou keuse en bespreek die aspekte van die griekse god kortliks.
Skryfwerk (30 punte) –
Knutselaktiwiteit:
Beplanning – ontwerp ‘n skild wat by die griekse god van jou keuse gaan pas.
Plaas dan die infografika om dit agterop die skild te plaas.
Bied jou inligting oor jou griekse god asook die skild se ontwerp aan (groepwerk / individueel).
Alle kenmerke, elemente en raamwerke is ingesluit vir skryfgenres om die werkslading vir onnies te verlig.
Mondeling (20 punte) –
Beskryf projek (riglyne en raamwerk vir die toespraak).
Ongeveer 39 bladsye.Â
Werkboekie van so 39 bladsye per leerder om die hele proses te voltooi (rol dubbelsydig af).
Sluit rubrieke en memorandums in vir alle dele van projek.
Beskikbaar in PDF en Word maar die Word mag soms van die tabelle ens. rondskuif so gebruik dan die pdf deel wat ooreenstem en druk dit vir leerders uit.
Prys: R50









Reviews
There are no reviews yet.