Genre: Gedig – Klara Majola (D.J Opperman)
Projek sluit alle aspekte in soos vereis deur die JOP (ATP) 2023 en Wes-Kaap handleiding.
Geskik vir Huistaal of Eerste Addisionele Taal Graad 4 of 5 en selfs Graad 6 EAT leerders. Die punte kan aangepas word en selfs vir Gr. 7 ook gebruik word – die projek het baie begeleiding vir die hele skryf- en navorsproses.
Inleidende aktiwiteit: Informasie oor navorsing en hoe ‘n mens navorsing doen ter inleiding
Woordsoek
Tydlyn vir die projek om in te vul
Pre-lees aktiwiteit: Voorspelling van gebeure d.m.v prente vanuit die gedig (ingesluit)
Lees die gedig (ingesluit): Klara Majola (D.J Opperman).
Blokkiesraaisel
Navorsing (10 punte)
– Bladsy met hipotese en beantwoording daarvan is ingesluit ter inleiding van projek.
– Begripstoetstipe vrae oor die gedig as begeleiding.
– Inligting oor D.J. Opperman met begripsvrae as begeleiding van navorsing.
– Maak ‘n plakkaat van D.J Opperman.
Skryfwerk (30 punte) – Beplanning – ontwerp jou eie heldevereringsitem (seël, geldnoot, munt, borsbeeld, standbeeld – slegs tekening) om ‘n held van jou keuse te vereer.
Skryf daarna ‘n gedig vir of oor die gekose held om hom/haar te vereer.
Bied dit aan as ‘n voordrag en trek aan soos jou held.
Alle kenmerke, elemente en raamwerke is ingesluit vir skryfgenres om die werkslading vir onnies te verlig.
Mondeling (20 punte) – Beskryf projek (riglyne en raamwerk vir die toespraak).
Ongeveer 45 bladsye.
Werkboekie van so 45 bladsye per leerder om die hele proses te voltooi (rol dubbelsydig af).
Sluit rubrieke en memorandums in vir alle dele van projek.
Beskikbaar in PDF en Word maar die Word mag soms van die tabelle ens. rondskuif so gebruik dan die pdf deel wat ooreenstem en druk dit vir leerders uit.
Prys: R50
Reviews
There are no reviews yet.