Sale!
, , , ,

Projek 2: Graad 5 Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal – Volksverhaal: Legende – Dagboekinskrywing (2025)

Rated 4.00 out of 5 based on 1 customer rating
(1 customer review)

Original price was: R70.00.Current price is: R50.00.

Genre: Volksverhaal: Legende (Percy Fitzpatrick) – Plakkaat / Bosveld Dagboek – Jock van die bosveld

Projek sluit alle aspekte in soos vereis deur die JOP (ATP) 2023 en Wes-Kaap handleiding (2023).

Geskik vir Huistaal of Eerste Addisionele Taal Graad 4 tot Graad 6 HT/EAT leerders. Pas net die graad op die voorblad aan soos vereis.

Die punte kan aangepas word en selfs vir Gr. 7 ook gebruik word – die projek het baie begeleiding vir die hele skryf- en navorsingsproses.

Inleidende aktiwiteit:

Informasie oor navorsing en hoe ‘n mens navorsing doen ter inleiding soos vereis in JOP vir eerste dag of twee.

Woordsoek – Aanleer van navorsingswoordeskat

Tydlyn vir die projek om in te vul

Pre-lees, gedurende lees, post-lees aktiwiteit: Voorspelling van gebeure d.m.v prente soortgelyk as die in die legende (ingesluit)

Lees die verkorte aangepaste weergawe van die legende (ingesluit) of kyk die film (skakel na film ingesluit): Jock van die Bosveld – Oorspronklike teks – Percy Fitzpatrick

Blokkiesraaisel (Ontdek die legende)

Navorsing (10 punte)

– Bladsy met hipotese en beantwoording daarvan is ingesluit ter inleiding van projek.

Pre-lees, gedurende lees en post-lees: Begripstoetstipe vrae oor die legende en film as ekstra om die verhaal te ondersoek en as interaksie met die verhaal (ekstra – hoef nie deel van navorsing te vorm nie).

– Inligting oor Percy Fitzpatrick met begripsvrae as begeleiding van navorsing – geskik vir leerders wat nuut is met die projekte.

– Maak ‘n plakkaat / infografika van Percy Fitzpatrick.

Skryfwerk (30 punte)

Knutselaktiwiteit:

Beplanning – versier jou Bosveld dagboek se voorblad

Skryf daarna ‘n paar dagboekinskrywings waarin jy voorgee dat jy Percy is wat in jou dagboek skryf oor ‘n paar gebeurtenisse van jou eie keuse + teken en maak “foto’s” van julle avonture.

Alle kenmerke, elemente en raamwerke is ingesluit vir skryfgenres om die werkslading vir onnies te verlig.

Mondeling (20 punte)

Beskryf projek (riglyne en raamwerk vir die toespraak).

Bied jou inligting oor Percy Fitzpatrick aan asook die dagboekinskrywings en jou Bosvelddagboek.

Ongeveer 40 bladsye. 

Werkboekie van so 40 bladsye per leerder om die hele proses te voltooi (rol dubbelsydig af).

Sluit rubrieke en memorandums in vir alle dele van projek.

Beskikbaar in PDF en Word maar die Word mag soms van die tabelle ens. rondskuif so gebruik dan die pdf deel wat ooreenstem en druk dit vir leerders uit.

Prys: R50

 

1 review for Projek 2: Graad 5 Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal – Volksverhaal: Legende – Dagboekinskrywing (2025)

  1. Rated 4 out of 5

    Winston A. (verified owner)

    ZASouth Africa

    Informative

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

LinkedIn
LinkedIn
Share
Instagram