Sale!
, , , ,

Projek 2: Graad 6 Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal – Sprokie: Die prinses en die padda- Koerantartikel (2026)

Original price was: R70.00.Current price is: R50.00.

Projek 2: Graad 6 Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal – Sprokie: Die prinses en die padda- Koerantartikel (2026)

Projek sluit alle aspekte in soos vereis deur die JOP (ATP) 2023 en Wes-Kaap handleiding (2023).

Geskik vir Huistaal of Eerste Addisionele Taal Graad 6 en selfs Graad 7-9 HT/EAT leerders (pas net punte aan vir navorsing). Die projek het baie begeleiding vir die hele skryf- en navorsingsproses.

Inleidende aktiwiteit:

Inligting oor navorsing en hoe ‘n mens navorsing doen ter inleiding soos vereis in JOP vir eerste dag of twee.

Woordsoek – Aanleer van navorsingswoordeskat

Tydlyn vir die projek om in te vul

Pre-lees aktiwiteit: Voorspelling van gebeure d.m.v prente wat pas by sekere tonele in die grafiese roman (aangepas en ingesluit – kritiese denke)

Luister na die verhaal op Spotify en lees dit daarna self (INGESLUIT): Die prinses en die padda

Blokkiesraaisel (Ontdek die sprokie)

Navorsing (20 punte)

– Bladsy met hipotese en beantwoording daarvan is ingesluit ter inleiding van projek.

– Begripstoetstipe vrae oor die teks as ekstra om die verhaal te ondersoek en as interaksie met die verhaal (ekstra – hoef nie deel van navorsing te vorm nie).

– Inligting oor die skrywers / kenmerke van ‘n sprokie met begripsvrae as begeleiding van navorsing – geskik vir alle leerders.

– Kunsaktiwiteit en publisering van navorsing:

  • Maak ‘n plakkaat en voeg dit aan in kasteelvorm.

Skryfwerk (30 punte) –

Skryf daarna ‘n koerantberig in konteks van die sprokie, met begeleiding (invul-sjabloon ingesluit).

Alle kenmerke, elemente, navorsing oor skrywer en raamwerke is ingesluit vir skryfgenres om die werkslading vir onnies te verlig.

Mondeling (20 punte) –

Beskryf projek (riglyne en raamwerk vir die toespraak).

Bied jou inligting oor die skrywers en jou koerantberig aan. Wys jou kasteel vir die klas.

Ongeveer 45 bladsye. 

Werkboekie van so 45 bladsye per leerder om die hele proses te voltooi (rol dubbelsydig af).

Sluit rubrieke en memorandums in vir alle dele van projek.

Beskikbaar in PDF en Word maar die Word mag soms van die tabelle ens. rondskuif so gebruik dan die pdf deel wat ooreenstem en druk dit vir leerders uit.

Prys: R50

 

 

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

LinkedIn
LinkedIn
Share
Instagram