Genre: Volksverhaal verwerk na ‘n drama: Sprokie – Hansie & Grietjie (Grimm-Broers) – Plakkaat / Lekkergoedhuisie / OnderhoudÂ
Projek sluit alle aspekte in soos vereis deur die JOP (ATP) 2023 en Wes-Kaap handleiding (2023).
Geskik vir Huistaal of Eerste Addisionele Taal Graad 4 of 5 en selfs Graad 6 HT/EAT leerders. Die punte kan aangepas word en selfs vir Gr. 7 ook gebruik word – die projek het baie begeleiding vir die hele skryf- en navorsingsproses.
Inleidende aktiwiteit:
Informasie oor navorsing en hoe ‘n mens navorsing doen ter inleiding soos vereis in JOP vir eerste dag of twee.
Woordsoek – Aanleer van navorsingswoordeskat
Tydlyn vir die projek om in te vul
Pre-lees, gedurende lees, post-lees aktiwiteit: Voorspelling van gebeure d.m.v prente soortgelyk as die in die sprokie (ingesluit)
Lees die sprokie in die formaat van ‘n drama (ingesluit): Hansie en Grietjie – Oorspronklike teks – Grimm-broers
Blokkiesraaisel (Ontdek die sprokie)
Navorsing (10 punte)
– Bladsy met hipotese en beantwoording daarvan is ingesluit ter inleiding van projek.
– Pre-lees, gedurende lees en post-lees: Begripstoetstipe vrae oor die sprokie as ekstra om die verhaal te ondersoek en as interaksie met die verhaal (ekstra – hoef nie deel van navorsing te vorm nie).
– Inligting oor die Grimm-broers met begripsvrae as begeleiding van navorsing – geskik vir leerders wat nuut is met die projekte.
– Maak ‘n plakkaat / infografika van die Grimm-Broers.
Skryfwerk (30 punte) –
Knutselaktiwiteit:
Beplanning – versier die lekkergoedhuisie
Skryf daarna ‘n onderhoud waarin jy voorgee dat jy ‘n joernalis vir ‘n nuuskanaal is en voer ‘n onderhoud met Hansie en Grietjie.
Alle kenmerke, elemente en raamwerke is ingesluit vir skryfgenres om die werkslading vir onnies te verlig.
Mondeling (20 punte) –
Beskryf projek (riglyne en raamwerk vir die toespraak).
Bied jou inligting oor die Grimm-Broers aan asook die onderhoud.
Ongeveer 40 bladsye.Â
Werkboekie van so 40 bladsye per leerder om die hele proses te voltooi (rol dubbelsydig af).
Sluit rubrieke en memorandums in vir alle dele van projek.
Beskikbaar in PDF en Word maar die Word mag soms van die tabelle ens. rondskuif so gebruik dan die pdf deel wat ooreenstem en druk dit vir leerders uit.
Prys: R50









Reviews
There are no reviews yet.