, , , , , , ,

Projek: Graad 7 Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal Kwartaal 3 (2022)

R70.00

Teks: Filmstudie – Nul is nie niks – die somtotaal van hoop (Jaco Jacobs en Lize Vosloo)

Gebasseer op die Roman: Oor ‘n motorfiets, ‘n zombiefliek en lang getalle wat deur elf kan deel deur Jaco Jacobs.

Projek sluit alle aspekte in soos vereis deur die JOP (ATP).

Geskik vir Huistaal of Eerste Addisionele Taal – die projek het baie begeleiding vir die hele skryf- en navorsproses.

Inleidende aktiwiteit: Blokkiesraaisel

Navorsing (20 punte) – Begripstoetstipe vrae oor die roman/ skrywer as begeleiding.

Skryfwerk (30 punte) – Beplanning, maak ‘n collage oor die film en aspekte daaruit.

Ontwerp ‘n springmielieboks en skryf ‘n instruksieteks oor jou eie springmielies (vir pret).

Keuse:

Opsie 1: Skryf ‘n koerantberig oor enige aspek van die film wat jou aandag getrek het.

Opsie 2: Skryf ‘n onderhoud met enige karakter van jou keuse in die film.

Alle kenmerke, elemente en raamwerke is ingesluit vir albei skryfgenres om die werkslading vir onnies te verlig.

Ongeveer 45 bladsye. 

Werkboekie van so 35 bladsy per leerder om die hele proses te voltooi.

Mondeling (20 punte) – Beskryf projek (riglyne en raamwerk vir die toespraak).

Bevat inligting oor die tekstipe asook Jaco Jacobs – met bronne.

Boek en film is nie ingesluit nie om kopiereg te respekteer.

Lokfilmskakel is ingesluit, sowel as ‘n skakel na ‘n onderhoud oor die rolprent.

Sluit rubrieke en memorandum in.

Prys: R70

 

LinkedIn
LinkedIn
Share
Instagram